http://the-white-knights.page.tl/
Gestbook Riseingsouthernstar-Africa Radio Eendrag
..........

THE WHITE KNIGHTS

Genocide News

(Stefanie) -opvolg- NUUTSTE INLIGTING: WELKOM PLAASMOORD

Alet van der Walt

2014-10-31 00:00

(Foto) WOLF MYBURGH is byna met n pyp doodgeslaan. Die ingang na die plaas tussen Welkom en Kroonstad.

'n Bekende boer van die Welkomdistrik is vermoor terwyl nog n man byna doodgeslaan is en n vrou en kinders geweldig getraumatiseer is in n plaasaanval op die plaas Nuwejaarsbosch tussen Welkom en Kroonstad.

Aanvallers het Willie Jansen van Rensburg (69), Donderdagaand oorval en in sy sy gewond. Jansen van Rensburg het 20:15 sy honde gaan oopmaak en n draai by sy melkery gemaak toe hy oorval is.

Sy vuurwapen is by hom afgeneem en n skoot is afgevuur. Oom Willie, soos hy alombekend is, se skoondogter en vier kleinkinders was in die huis en het hom hoor gil.

Net nadat hulle hom gehoor het, het gewapende mans die huis ingestorm en met sy vuurwapen die gesin gedreig en geld ge-eis. Die mans het gedreig om almal te skiet as hulle nie geld kry nie. Die motorwerktuigkundige, Wolf Myburgh, 73, is so hard van agter met n pyp geslaan dat hy sy bewussyn verloor het.

Twee van die mans het die swaargewonde Jansen van Rensburg intussen in ’n buitekamer ingesleep. Hulle het toe die skoondogter, kinders en Myburgh saam met J van Rensburg toegesluit. Volgens kaptein Stephen Thakeng van die Welkoms polisie het die rowers daarin geslaag om die kluis oop te kry en hulle het met n plaasbakkie met n onbekende bedrag geld en nog vuurwapens gevlug.

Die vrou en kinders het daarin geslaag om uit die kamer te ontsnap en plaaswerkers het hulle gehelp om Jansen van Rensburg in n voertuig te laai en hospitaal toe te jaag. n Ambulans het hulle langs die pad gekry maar hy is oorlede voordat hulle n hospitaal kon bereik.

Die bakkie is naby Thabong gevind en die polisie met die hulp van die Valke werk tans onverpoosd om die aanvallers aan te keer.





























  ALL RIGHTS RESERVED TO
The-White-Knights-Germany TILL 2018















Flag Counter



World Trafic Feeds


 

This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free